Skool Ouderdom Lesse

Ouderdom : 5 - 15 jr

Vir jou kind om bevredigend te vorder met hul swem lesse, moet die lesse goed beplan, gestruktureerd en ook georganiseerd wees. By TINCO Watersport Sentrum streef ons voortdurend na die mees kindervriendelikste en effektiefste afrigtings metodes deur op 'n gereelde basis vir opdaterings en verfrissings kursusse te gaan.

Deur ons ondervinding en ervaring te kombineer met die beproefde metodes van die PSTCA (Professional Swimming Teachers and Coaches Association) en Swim SA (Swimming South Africa) verseker ons dat die lesse 'n hoë standaard kan handhaaf.

Hierdie instansies se beproefde afrigtings metodes fokus op styl, tegniek en stamina, terwyl die leerder steeds binne sy eie raamwerk groei en vorder. By TINCO Watersport Sentrum plaas ons deurentyd 'n groot premie op die veiligheid van jou kind.

Klasse word klein gehou en daardeur verseker ons dat jou kind meer individuele aandag sal kry. TINCO Watersport Sentrum se beginner klasse het 'n PSTCA en / of 'n Swim SA gekwalifiseerde instrukteur wat 'n addisionele helper kan insluit. Wanneer jy vir die eerste keer in die water klim kan dit 'n angstige gevoel skep. Dit is waarom ons van 'n helper kan gebruik maak om jou kind daardie ekstra sekuriteit te gee.

Ons gebruik die PSTCA en Swem SA se evaluering stelsel om die kinders se vordering te monitor. Deur die stelsel word die kind ook gemotiveer om na die volgende vlak te beweeg.

Vir die Beginners:

Tommy Turtle toekennings:

1)      Brons
        Kennismaking en basiese vaardighede in die water.

2)      Met dryf toerusting as hulp
        Dryf toerusting is nie noodsaaklik in die "learn to swim" program nie, hoewel dit die kind meer onafhanklikheid en selfvertroue in die water gee.

3)      Silwer
        Sonder gebruik maak van dryf toerusting kan die kind homself in die water handhaaf en begin dryf.

4)      Goud
        Die kind is nou ten volle onafhanklik en kan self deur die water beweeg deur arms en bene saam te gebruik in geen spesifieke styl nie vir ongeveer vyf meter.

Vir die Jong Swemmers :

1)      Amateur Swemmer
        Deeglike aandag word geskenk aan die dryf bewegings soos die "mushroom float" en "pencil float". Asemhalings beheer word geleer.

2)      Primêre Swemmer
        Begin met kruipslag en rugslag swem. Hand roeibewegings word saam met been skop bewegings geleer. Lewensredders skoppe word ook aandag gegee.

3)      Junior Swemmer
        Al die basiese style is nou onder die knie. (Kruipslag, rugslag en borsslag)

 

Ander Toekennings :

        Duik toekenning
       Basiese duik vaardighede word aan geleer. Dit sluit in verskillende hand stand posisies. Heel laaste word die kind geleer om van die kant uit 'n staande posisie te duik.

        Afstand toekenning
        Verskillende style wat geleer is moet duidelik herkenbaar wees vir 'n afstand van 5m, 10m, 25m, 50m, 100m en 200m.