Beleid en prosedures

Die TINCO swemskool is oop slegs in skool termyne. Die swemskool sal gesluit wees gedurende skool vakansies en publieke vakansie dae.

Volle betaling van die deposito en swem lesse moet gedoen word met aanvang van die eerste swemles. Die verkose manier van betaling is elektroniese oorplasing (EFT). Ander betalings opsies sluit in kontant en tjeks.

Lesse word aan gebied vanaf Maandae tot Donderdae. Vrydag lesse sal slegs op uitsondering aan gebied word.

Opmaak-les beleid

Opmaak-lesse sal slegs beskikbaar wees met inhandiging van die volgende sertifikate:

  • Mediese praktisyn
  • Fisionterapeut
  • Tandarts

'n Maksimum van 2 opmaak-lesse per termyn word toe gelaat.

TINCO Swemskool sal gesluit wees tydens die volgende dae:

  • Vrydae & Sondae
  • Gauteng skool vakansies
  • Openbare vakansie dae
    (Kyk na Gebeure vir meer inligting)

Kontrak kansellasies

Indien die leerder die swemlesse wil staak, moet een maand skriftelik kennis gegee word. Die kennis brief moet by die TINCO swemskool in gehandig word voor die 2de van die maand waarin die lesse geeindig wil word. 'n Volle kennis maand fooi moet betaal word.

Ongunstige weersomstandighede & veiligheids maatreëls

Die swem instrukteur behou die reg voor om 'n swemles tydens ongunstige weersomstandighede uit te stel of te kanseller vir veiligheids redes. Wanneer 'n swemles reeds begin het en dan af gestel word vir welke rede ook al, kan droeë land oefeninge, water veiligheids oefeninge of vraag en antwoord sessies gehou word in die plek van die praktiese swemlesse. Dit kan ook gedoen word in enige ander omstandighede waar die instrukteur dit van toepassing mag vind. Om daardie rede moet swem klasse te alle tye by gewoon word tensy u per foon of per sms in gelig word van 'n klas kansellasie. Swemlesse sal steeds voort gaan tydens ligte reën buie.

Les bywoning

Daar sal geen opmaak-lesse of terug betalings gedoen word vir afwesigheid, laat komery of kansellasie van 'n swemles tensy anders ooreen gekom word met TINCO swemskool voor die aanvang van die swemles nie.

Die volle maandelikse swemfooi is steeds van toepassinge en betaalbaar wanneer die leerder nie die swemles bywoon nie vir welke rede ook al, tensy 'n reëling met TINCO swemskool getref word in die verband. Indien die leerder vir 'n onbepaalde tydperk nie die swemlesse kan bywoon nie, kan 'n reëling met TINCO swemskool getref word om die klasse vir die leerder te reserveer teen 50% van die normale fooi. Hierdie reëling moet getref word voor die getrokke swemlesse waartydens die leerder nie teenwoordig kan wees nie. Daar sal GEEN uitsondering op hierdie reëling wees as die leerder nie opdaag vir 'n swemles en 'n reëling nie vooraf getref is nie. Sonder 'n reëling met TINCO Swemskool sal u steeds verantwoordelik bly vir die normale swemfooie al het die leerder nie die swemlesse by gewoon nie.

Plaasvervanger vir die Swem Instrukteur

In die geval van onvoorsiene omstandighede, behou TINCO Swemskool hom die reg voor om gebruik te maak van 'n plaasvervanger swem instrukteur, sou die gebruiklike swem instrukteur vir die swemles nie beskikbaar kan wees nie.

Tydelike opskorting van swemlesse

Sou die leerder nie die swemlesse kan bywoon weens welke rede ook al vir 'n onbepaalde tyd nie, kan 'n reëling vooraf met TINCO Swemskool getref word om die betrokke swemlesse vir die leerder te reserveer tot die leerder weer die swemlesse kan bywoon. Hierdie reserverings fooi beloop 50% van die normale swemfooi en is betaalbaar soos normaalweg.

Verantwoordelikheid

Geen verantwoordelikheid sal aanvaar word vir enige eise wat sou ontstaan as gevolg van enige beserings, skade, verlies van lewe voor, tydens of na 'n swemles nie. Dit sluit in enige kostes of uitgawes wat mag ontstaan weens sodanige eise.