Omtrent ons


In 2004 het TINCO Swemskool sy ontstaan gehad na Ida besluit het om vlerke aan haar droom te gee. Haar droom was om die Moot gemeenskap se kinders die vaardigheid van swem te leer. Haar passie was om kinders 'n liefde vir water te gee, hul waterveilig te kry en al die swemstyle te leer.

Sy wou hul toerus om aktief te wees en 'n gesonde leefstyl aan te leer wat hul lewens sal verryk vir solank hul toegang tot water het. Die gemeenskap het haar liefde en passie vir kinders gesien en sedertdien is duisende kinders al deur haar hande by TINCO swemskool.


MISSIE

Ons missie is om kwaliteit swem afrigting aan die klient te bied in 'n vriendelike en veilige omgewing.

WAARDES

  • Ons is passievol oor elk van ons kliente.
  • Ons gee om en respekteer elke klient.
  • Ons glo aan persoonlik groei in elke individu.
  • Ons leef met eerlikheid en integriteit.
  • Ons dien en deel met die gemeenskap.
  • Ons neem persoonlike verantwoordelikheid.
    • Ons by TINCO Watersport Sentrum streef na persoonlike aandag aan elke leerder.
      Swemlesse word aangebied in klein hanteerbare groepe waar persoonlike aandag aan elke leerder gegee word.
      Ons bied voortdurende opdatering van kennis aan ons gekwalifiseerde instrukteurs.
      Ons maak gebruik van die beste swem afrigtings tegnieke gekombineer met streng veiligheids praktyke.
      Ons stylkorreksies lei tot die bou van professionele swemstyle.