Volwasse Swemlesse

Elke les is saam gestel om 'n program vir die vordering van die individu daar te stel. Met ons hoogs opgeleide instrukteurs wat jou gemaklik in en om die water sal maak en by jou individuele pas sal aanpas, kan jy jou vrese een kant toe skuif. Elke vlak het 'n raamwerk van wat dit gaan behels.

Beginner lesse

Vir leerders wat nuut is in die water. Die doel van die klas is om jou te help om :

  • Jou vrees vir water te oorkom.
  • Jou die basiese swem vaardighede te leer.

Die fokus is op basiese water vaardighede, basiese styl en dieper water orientasie.

Intermediêre lesse

Die student moet in staat wees om minstens 200 meter vryslag te swem. In hierdie les sal jy meer gemaklik raak in die volgende style :

  • Vryslag
  • Borsslag
  • Rugslag
  • Vlinderslag

Ander vaardighede wat ook aan geleer kan word sluit in :

  • Tuimeldraaie
  • Inleiding tot duik

Gevorderde lesse

Die gevorderde lesse sluit in swem styl korreksie, liggaam stroom belyning, stamina en uithou vermoeë. Studente wat hierdie fase voltooi sal vir 'n lang afstand gemaklik kan swem en sal 'n kans staan om kompeterend te kan swem in groot swem kompetisies.