Vrae & Antwoorde

Q: Hoe lang sal dit my kind neem om 'n bedrewe swemmer te word?

A: Moet asseblief nie van jouself of jou kind verwag om met elke les konstante vordering te toon nie. Om te leer swem is nie die maklikste vaardigheid om aan te leer nie. Veral asemhalings beheer is veral moeilik en kan 'n aantal lesse neem om te snap en te bemeester. Dit is algemeen dat leerders, veral kinders voorkom asof hulle soms geen vordering maak nie. In teendeel, dit gebeur gereeld dat daar agteruitgang vir 'n paar lesse is voor daar weer vordering gemaak word. Dit kom algemeen voor. Wees asseblief geduldig, die kind moet probeer verstaan wat die instrukteur vir hom wil leer, en dit neem tyd. Ons leer hulle almal swem! Sommige kinders maak vinnig vordering, ander neem langer om dit te snap. Jou entoesiasme en ondersteuning is hier van kardinale belang.


Q: Nou dat my kind geleer het om te swem, kan ek aan neem hulle is verseker veilig by die swembad of op die strand in die somer?

A: Die vermoeë om te swem alleen, sal en kan nie 'n ongeluk in en om die water voorkom nie. Jong kinders moet van kleins af aan alle vorme van water veiligheid geleer word om hulle toe te rus om watersport te kan geniet. Maar moet asseblief nie jou kind by die water sonder toesig laat nie.


Q: Ek dra bril/kontaklense. Kan ek dit ook in die swmbad dra?

A: Waar moontlik moet jou bril af gehaal word voor jy in die water klim om moontlike skade aan die bril te voorkom. Kontak lense kan gedra word indien jy swembrille dra.

Q: Sal gechlorineerde water my hare beskadig?

A: Dit word aanbeveel dat jy jou hare met 'n shampoo en opknapper behandel na jy die swembad verlaat het. Hare raak droog en breekbaar met lang blootstelling aan swembad water. Hare wat kunsmatig gekleur is, kan geneig wees om 'n ligte groen kleur te kry met langdurige blootstelling aan chloorwater na baie ure en oor 'n aantal weke. In so geval word 'n swemkappie aanbeveel om die hare te beskerm. Vra jou haarsalon vir 'n geskikte opknapper wat jou hare onder die swemkappie in plek kan hou. Dit sal jou hare help om nie die chemikalieë in die water op te neem nie.

Q: As ek my oë onder die water oop maak, is my sig wasig en die chloor brand my oë. Is daar iets wat ek daaraan kan doen?

A: Gebasseer op die normale 20/20 sig, is sig onder water 20/400 sonder gebruik van swembrille. Normaalweg word persone met 'n sig van 20/200 regtens beskou as blind. Die gebruik van swembrille herstel daardie vissie wanneer jy onder water gaan. Dit beskerm ook die oë teen die irritasie wat chloor mee bring. Jy kan jou eie swembrile saambring indien jy dit verkies.

Q: Ek het gehoor van 'n kondisie genoem "swemmers ore". Kan jy my meer van dit vertel asseblief?

A: Swemmers ore is 'n baie pynlike inflamasie van die buite oor kanaal. As water in die oor kanaal vir lang tydperke bly, raak toestande gunstig vir die groei van bakterieë. Dit is nie 'n algemene toestand nie. Swemmers moet altyd seker maak dat die oor kanaal deeglik droog gemaak word na uit die water geklim is. Oplossings soos SWIM SEAL is sonder voorskrif by apteke beskikbaar vir diegiëne wat vind dat hulle ore nie genoegsaam dreineer nie. As jy nie al die water kan verwyder nie, mag dit 'n teken wees van was wat in die oor kanaal aan die opbou is.

Q: Kan ek eet voor ek gaan swem?

A: As jy moet eet, eet iets ligs om ongemaklikheid te voorkom. Eet verkieslik minstens 'n uur voor jy gaan swem om naarheid in die water te beperk.

Q: Hoekom dryf sommige mense net soveel makliker as wat ek kan?

A: Met enkele uitsonderings, kan almal dryf. Alhoewel meeste mense dink hulle is die uitsonderings terwyl 99% nie is nie. Die mate van dryfvermoeë hang van 'n aantal faktore af: die verhouding van vet tot spier massa, die hoeveelheid been massa en long kapasiteit. Oor die algemeen sal ouer persone, vrouens en persone wat nie fisies fiks is nie, makliker kan dryf omdat hulle 'n hoër vet tot spier verhouding het, al is hulle nie opsigtelik oorgewig nie. As jou longe vol lug getrek is, sal jy ook makliker dryf.

Q: Wanneer word jy in die water toe gelaat?

A: 'n Leerder mag alleenlik in die water klim wanneer die instrukteur hom vra om in te klim.

Q: Hoe moet ek in die water klim?

A: Klim altyd stadig en veilig met die trappies in die water, of sit op die rand en swaai jou bene in die water.

Q: Is dit toelaatbaar om om die swembad area te hardloop?

A: Nee.

Q: Hoekom mag ek nie om die swembad hardloop nie?

A: Die vloer om die swembad mag nat wees, wat die oppervlak glad kan maak. Die kanse om te gly en te val is dan soveel groter wat beserings tot gevolg kan hê.

Q: Mag die swem toerusting rond gegooi word?

A: Nee.

Q: Mag die leerders aan die swem toerusting kou of byt?

A: Nee.

Q: Mag die leerder sy blaas in die swembad ledig?

A: Nee. Vra die instrukteur vir 'n geleentheid om na die toilet te gaan.

Q: Wanneer moet ek toilet toe gaan?

A: Leerders moet altyd voor die aanvang van die les toilet toe gaan en wanneer nodig, die instrukteur vra om die swembad te verlaat om toilet toe te gaan.

Q: Word dit toegelaat om iemand in die swembad in te stoot of te stamp?

A: Nee.

Q: Mag die leerders enige iets eet terwyl hulle in die water is?

A: Nee.

Q: Wat moet ek met my lang hare doen voor ek in die swembad klim?

A: Lang hare moet altyd deur 'n swemkappie bedek word of styf terug gebind word.

Q: Wat mag die leerders nie in die swembad doen nie?

A: Die leerders mag nie :
  • Kougom of lekkers eet nie.
  • Om die swembad hardloop nie.
  • In die water klim sonder dat die instrukteur so vra nie.
  • Die klas verlaat sonder om iemand daaroor in te lig nie.
  • Duik, behalwe as dit onder die instrukteur se toesig is nie.
  • Enige iemand in die water in stoot of stamp nie.
  • Enige iemand se kop onder die water in druk nie.
  • Enige iets doen wat gevaarlik is of wat iemand in die swembad bang kan maak nie.

Q: Watter reëls is daar vir gebruik van die swembad?

A: Reëls in en om die swembad sluit ook in :
  • Bêre jou klere op 'n veilige droeë plek.
  • Blaas jou neus voor jy in die water klim.
  • Gaan toilet toe en ledig jou blaas voor jy in die water klim.
  • Lees alle kennisgewings aan gebring.
  • Luister en gehoorsaam die instruksies van die instrukteur.
  • Klim in die swembad en verlaat die swembad soos versoek deur die instrukteur.

Q: Wat is onderdompeling?

A: Onderdompeling is om onder die water in te gaan. Ons glo dat dit 'n basiese vaardigheid is, en dat baie ander vaardighede afhang van hierdie eenvoudige vaardigheid. Ons begin onderdompeling reeds vanaf 6 maande ouderdom.

Q: Hoekom gebruik TINCO swemskool nie toerusting soos dryf belde nie?

A: In noodgevalle moet kinders weet hoe om hulle self te kan handhaaf. Omdat ons eerste prioriteit met die kind waterveiligheid is, gebruik ons nie dryf toerusting nie. Dryf toerusting word later slegs gebruik waneer die leerder 'n spesifieke vaardigheid moet aanleer. Deur van dryf toerusting gebruik te maak by kinders, raak hulle te afhanklik daarvan en kan hulle nie daarsonder hulle self in die water handhaaf nie.

Q: Word die kind kompeterende swem style geleer?

A: Natuurlik! Meeste van die instrukteurs was ook self kompeterende swemmers.

Q: Leer julle volwassenes ook om te swem?

A: Ja ons doen dit. Om as 'n volwassene te leer swem verg moed, geduld en deursettings vermoeë, maar dit is altyd die moeite werd. Ons werk graag met volwasse persone, alhoewel dit somtyds bietjie langer neem om te leer swem as kinders.

Q: Hoekom leer jy kinders om op hul rug om te rol?

A: Ons leer kinders om om te rol van so vroeg as baba klasse (6 maande). Die rede is dat dit die veiligste posisie in die water is - jy kan asem haal terwyl jy op jou rug dryf. 'n Baba, kleuter of jong kind wat geleer het om om te rol en op sy rug te dryf het die beste kans op oorlewing sou hy per ongeluk in die water beland. Dis belangrik om te onthou dat volwasse toesig steeds belangrik is tot jou kind onafhanklik kan swem. Geen kind is "drown proof" nie!

Q: Kan 'n 2 of 3 jarige kind regtig leer swem?

A: 'n Jong kind kan leer om homself deur die water te dryf. 'n Twee of drie jarige kan leer om asem te haal, op sy rug te rol en met sy arms homself deur die water te trek. Tot op 'n ouderdom van vier jaar lyk 'n kind gewoonlik nie na 'n professionele swemmer nie, behalwe as hy gereeld afrigting kry. Baie kinders van 3 1/2 kan wel vryslag en rugslag swem omdat hulle die oefening herhaal terwyl hulle tog pret in die water ook het.

Q: Hoe lank is die swem lesse?

A: Ons lesse is 30 minute lank, alhoewel die lesse vir volwassenes langer is. Vir meer inligting, kyk na Gebeure vir meer inligting.