Jou Gesondheid & Fiksheids gids


Ons almal leef in 'n veranderlike wêreld waar die druk in ons alledaagse lewe meer word. Ongelukkig bring dit ook mee dat ons dikwels ons eie gesondheid in die proses benadeel, bewustelik of onbewustelik. Meeste van ons werk in 'n omgewing waar ons die grootste gedeelte van die dag in 'n kantoor omgwing moet deurbring en waar ons te min oefening kry om die hoeveelheid voedsel in geneem te regverdig. Indien jy 'n stadige metabolisme het sal die kanse goed wees dat jy 'n gewigs toename sal beleef, wat soms net met baie inspanning om gedraai kan word.

In hierdie afdeling probeer ek dan ook 'n wye verskeidenheid van artikels beskikbaar stel waar jy inligting kan kry om jou en jou gesin te help om 'n meer gesonde leefwyse te kan leef. Omdat swem 'n oefening is wat meeste spiere van die liggaam sal stimuleer, is meeste van die artikels gebasser met swem oefening in gedagte.

Ek hoop dat jy die artikels interessant en waardevol sal vind.